Newborn Groote Schuur Trust on eNCA uNuus

Kaapstad, 26 April – Die ouers van babas wat tydens die staat van inperking gebore word, het talle nuwe uitdagings. Pa’s word nie in hospitale se neonatale eenhede toegelaat nie om ma’s en hul babas teen besmetting met COVID-19 te beskerm. Ma’s uit laer inkomstegroepe kan ook nie die bababenodighede gaan haal wat hulle voor die inperking in paaiemente begin koop het nie. Lede van die publiek word nou gevra om enige ou babaklere of -benodigdhede aan ma’s by staatshospitale te skenk.

Source: eNCA uNuus